Friday 10 June 2011

Watch Roepman Movie Afrikaans Online for Free Trailer Cast and Preview

Free Online Tv
Watch Free Online Video
Watch Video Online Live Stream

watch Roepman full movie Online Roepman Afrikaans Film Watch, Online Watch Roepman, watch Roepman movie online for free, watch Roepman online pictures,Free Roepman Cast and Crew, Roepman 2011 online,Roepman Stills Free Roepman Watch Online, Free Watch Online Roepman, Roepman Afrikaans Movie Watch,
Die skrywer Jan van Tonder is besig met ’n draaiboek van sy apartheids­roman Roepman en meen die ­eerste weergawe behoort vroeg in die nuwe jaar reeds gereed te wees.

Piet de Jager, ’n senior advokaat aan die Pretoria-balie en die ­vervaardiger van die prent, sê ­hulle wil ’n Afrikaanse kunsfliek met onderskrifte in verskeie tale maak. Volgens hom gaan die Vlaamse rolprentmaker Walter Stokman die regisseur van die fliek wees. “Hy het die Nederlandse teks van Roepman gelees en ­gesê dis so ’n universele storie dat dit ’n fliek behoort te wees.

“Walter het die dokkie Beautiful in Beaufort-Wes gemaak wat nooit hier uitgereik is nie. Dit gaan oor die dorp, maar is ook ’n storie. Hulle het dit in Nederland uitgereik en dit was daar onder die top 20.”

De Jager, Van Tonder en ­Stokman en die musikant ­Sallas de Jager, musiekregisseur, het onlangs oor die projek ­ver­gader.

“Ons het ’n week lange dinkskrum gehou om die boek na 90 minute te verkort,” vertel De Jager.

Nog ’n Suid-Afrikaanse vennoot is die vervaardiger Danie Bester se Film Factory, wat by die Afrikaanse flieks Ouma se Slim Kind en Bakgat! betrokke was.

Volgens De Jager is die sentrale tema dié van ’n seun wat man word. “Dit gebeur met hom in ’n ­tipiese Calvinistiese omgewing en tydens apartheid. Daar’s soveel goed wat invloede het; ’n sterk godsdienstige en ’n politieke ondertoon wat jy nie kan miskyk nie.

“ ’n Roepman in die spoorweë is die laagste vorm van arbeid. Hy het met ’n fiets gery en mense ­geroep om betyds vir hul skof te wees. Die allegorie is ’n beeld van Christus of Boeddha. Hy verskyn net sewe keer, maar los elke keer ’n probleem op of ontlont ’n situasie. Aan die einde word hy vermoor deur die boewe in die dorp.”

De Jager sê dis toeval dat hulle juis nou aan die fliek werk, maar meen dis ook tydig.

“As jy na die politieke situasie van huisgesinne in die 1960’s kyk, het hulle die nuwe Suid-Afrika tot stand gebring. Die ouens wat in 1997 Ja-stemmers was, is omtrent almal ouens wat uit daai tyd kom; die kindergeslag.

“Die fliek self het niks om­streden­heid nie; dis net ’n pragtige ­storie. Tipiese goed wat in daai tyd gebeur het, is die dominee wat kom besluit wat gebeur in die huis; die opstandigheid van die jonger ­geslag. Daar’s ’n generasiegaping wat skrik vir niks en dis nog nooit só vertel nie.”

Van Tonder, wat onlangs sy skipperslisensie verwerf het, ­vertel hy geniet die draaiboekskrywery.

“Ek hou van nuwe goed. Ek het begin met prosa, radiodrama en toe verhoogdrama. Die volgende logiese ding voel na ’n fliekdraaiboek. Ek skryf visueel. ”

Hoewel hulle ’n kunsfliek wil maak, probeer hy nie ’n bepaalde boodskap tuisbring nie.

“Ek skryf ’n storie. As jy ’n boodskap wil ­lewer, maak jy ’n flop. Of dit nou godsdienstig is of oor jou broer gaan – dis amper gewaarborg jy gaan flop. Jy’s in die eerste plek daar om te vermaak; nie om te preek nie.”

No comments:

Post a Comment